Trending

WEN ‘N VALENTYNS-PIEKNIEKMANDJIE & KOM ‘ROCK’ SAAM MET RAY DYLAN!

WEN 1 van 5 Valentyn-Piekniekkaartjies ter waarde van R 600 elk vir 2 persone – insluitende ‘n heerlike piekniekmandjie – EN JY KAN OOK SKITTER DIÉ AAND!

MEER INLIGTING

Jy en jou geliefde kan ‘n onvergeetlike romantiese piekniek op Valentynsdag, 14 Februarie by ons pragtige Linton Park Wynlandgoed net buite Wellington geniet.

Plaaslike kunstenaars en die alombekende RAY DYLAN gaan jou en jou geliefde met romantiese liedjies en lekker loslit ‘rock’-musiek vermaak terwyl die son in die agtergrond oor die mooi Wellingtonse landskap sak.

Ray is geseën met een van die beste veelsydige stemme in Suid-Afrikaanse musiek en boonop is hy ‘n energieke ‘performer’ wat sy elektriese kitaar tydens sy optredes laat kreun. Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied Ray wydtreffende musiek.

Hekke open al om 17h30 met plaaslike kunstenaars wat vanaf 18h30 begin optree. Die optrede van RAY DYLAN begin om 19h45.

LET WEL: GEEN eie alkoholiese produkte toegelaat. Wyn, bier en koeldranke te koop op die perseel. Wynglase (R20 deposito) en ys beskikbaar. Kaart-fasiliteite beskikbaar.

PRYSE:                                                                                       * R120 per persoon – eie piekniekmandjies is welkom.
* Piekniek Pakket:
R600 – Toegang vir 2 persone plus volledige piekniek mandjie vir 2. Sluit in ‘n bottel Rhino wyn van jou keuse, ‘n donasie aan StreetSmart asook 10%-afslag op alle wynaankope tydens die aand!

Kaartjies beskikbaar by Quicket: https://www.quicket.co.za/events/39531-valentyns-piekniek-met-ray-dylan/#/

Vir meer inligting, kontak asb vir Susan Kits op 021 873 1625 or tasting@lintonparkwines.co.za.

HOE KAN JY DEELNEEM?

  1. ‘Tag’ die persoon met wie jy die prys wil deel en/of ‘Share’ met vriende;
  2. Kompetisie sluit – Donderdag, 7 Feb om 12:00;
  3. Die 5 wenners word deur ‘n gelukkige trekking bepaal & sal op Vrydag, 08 Feb om 15:00 op Facebook aangekondig word;
  4. Terme en Voorwaardes (T & C) is van toepassing.
  5. Inskrywings slegs vir persone ouer as 18 jaar oud.